Buitenste Ruim
by Juan on Aug.27, 2011, under Uncategorized
almal het demone wat in hul is
ek probeer al lankal om die verlede af te skud
en uit te wis
ek wonder soms waar jy ook is
met een voet in die dryfsand
en die ander wat probeer om balans te vind
is dit uit die ruimte
waar ons vandaan kom
ons ouers
hoe ons met pyn klaarkom
wat ons met mekaar deel
en waar ons speel
die laaste bedryf waarin ek die hoofrol speel
ek gee my beste
net partykeer
oudstes en enigstes
net wat die tyd sal leer
is dit in die reise
en die plekke
geen bestemming
dis mos ekke
Pêrels En Lewensredders
by Juan on May.12, 2011, under Uncategorized
‘n leë hart rol uit by die mond
en op teen ‘n leer
hoe hoog is ‘n hoë genoeg lewensredderstoel
ons val uitspattig soos pêrels
skynbare pêrels
op ‘n strandvloer
want dis maklik om te vergeet
dat die bed wat jy maak
is die een waarin jy nou moet slaap
kom ons speel langs ‘n afgrond
daar waar die Kaap van Goeie Hoop twee blou damme laat kopstamp
dit bly maklik om te vergeet
dat die bed waar jy slaap die een is wat jy weer moet opmaak
Not a week goes by that I do not listen to Die Heuwels Fantasties.

